Welkom

Visie & Doel

Om kleuters in hul totaliteit liggaamlik, geestelik, intellektueel en sosiaal te ontwikkel deur ‘n fondasie in Jesus Christus te lê sodat hierdie kinders gebalanseerd in die samelewing kan funksioneer.

Ontstaan en Groei 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pienkie Ponkie is ‘n privaat kleuterskool. Die besigheid is gestig in Februarie 1988 as ‘n speelgroep en het ontwikkel as ‘n volwaardige kleuterskool.

Eleanor Uys is die eienaar van Pienkie Ponkie. Kinders maak haar opgewonde en sy beskou kinderopvoeding as haar gawe. Sy is ook van mening dat elke kind die beste moontlike geleenthede en omstandighede moet hê om in te ontwikkel. Sy eer u kind se vormingsjare en sal altyd haar beste doen om in die kinders se behoeftes te voorsien.

Die eerste 6 jaar van ‘n kind se lewe is soos ‘n spierwit doek oopgespan: gereed om beskilder te word. Elke mamma besef die wroeging van ma wees intens. Aan die een hand gehunker na die voortsetting van ‘n loopbaan maar ook na die versorging en opvoeding van hulle kinders.

By Pienkie Ponkie poog ons om vir elke kind die geborgenheid en versorging so huislik as moontlik te maak, aangesien van die kleutertjies 12 ure in ons sorg is.
Ons word elke dag met genoeg krag en genade voorsien om hierdie belangrike taak te verrig.

Eleanor het aan die Universiteit van Vaal Pukke studeer en in 2011 haar B.Ed (Grondslagfase) graad behaal, asook verskeie kursusse voltooi o.a. Habbits of Mind en noodhulp. Haar eerste pos was by Pienkie Ponkie waar sy die Persepsie vir Gr R leerders hanteer het.

Eleonor het die kursus in skoolgereedheid by Dr Susan Le Roux aan die Universiteit van Pretoria voltooi en is opgelei vir die afneem van skoolgereedheidstoetse.

Klasse en Ontwikkelingsproses

Babas 0-12 Maande

 

  • Leer vertroue
  • Leer hulself ken
  • Leer omgewing ken
  • Ontwikkel fisies

Peuters 12-36 Maande

 

  • Leer self doen
  • Toets grense
  • Leer gesag ken

Kleuters 3 Jaar

 

  • Blymoedigheid en opgewektheid
  • Leer gesag, eer en ervaar
  • Leer maatjies respekteer
  • Leer emosionele beheer
  • Ontwikkel fisiese vaardighede

Kleuters 4 Jaar

 

  • Leer sosiale vaardighede
  • Bemeester emosionele beheer
  • Fisiese vaardighede beheer op ‘n hoer vlak

Kleuters 5 Jaar

 

  • Begin verantwoordelikheid aanvaar vir aksies
  • Goeie sosiale vaardighede
  • Deursettingsvermoë
  • Vestiging van verwysingsraamwerk

Kleuters 6 Jaar

 

  • Emosionele stabiliteit
  • Vrolik en Gelukkige Lewenshouding
  • Sosiaal aangepas
  • Fisies Sterk en Gesond