Aansoekvorm en Aktiwiteite

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons Vakke

Persepsie en Opvoedkundige Spel

Persepsie?

Persepsie is die formele boekiewerk waar maats leer van kleure en vorms. Bogenoemde vorm die basis van persepsie en dit is later verantwoordelik vir formele lees. Persepsie behels ook praktiese konsepte soos aandag, potloodgreep en postuur.

Opvoedkundige spel

Opvoedkundige spel behels fynmotoriese vaardighede soos ryg, pennetjiebord, legkaarte en bou van konstruksies.

Saam vorm die vakke die fondasie vir akademiese leer en skoolgereedheid.

Kinderkinetika

Wat is Kinderkinetika?

Kinderkinetika is ‘n gespesialiseerde pediatriese veld wat fokus daarop om die algehele welstand en gesondheid van ontwikkelende kinders, 0-13jaar, te bevorder deur fisieke aktwiteit.

Die Kinderkinetika program is ouderdomsgebaseerd. Die program stimuleer, bevorder en remediëer die neuromotoriese en fisiese vaardighede van kinders.

Voordele

  • Bereik vroeë ontwikkelingsmylpale op tyd
  • Goed ontwikkelde fundamentele en motoriese vaardighede soos hand-oog koördinasie, ruimtelike oriëntasie, midlynkruising
  • Ontwikkel sportspesifieke vaardighede
  • Kweek ‘n gesonde leefstyl
  • Stimuleer sensoriese sisteme

Musiek

Musiek Program

Die musiekprogram behels die leer van liedjies, rympies en speel van instrumente.

Wetenskaplikes het die breinaktiwitete van individue wat na musiek luister waargeneem en uitgevind dat verskeie areas in die brein opgehelder het– soos vuurwerke! Die stimulering van die brein tydens musiek verbeter uitvoerende en kognitiewe funksies (wat geheue en abstrakte redenering insluit). Uitvoerende funksionering is veral ‘n kragtige aanwyser van akademiese prestaie – selfs meer as IK!

Voordele

  • Leer maats om hul liggaam te beheer
  • Leer konsepte van tyd (stadig en vinnig), volume (hard en sag) asook toon (hoog en laag)
  • Ontwikkel hul verbeelding
  • Verbeter breinfunksies
  • Verhoog selfvertroue

Bak-en-Brou

Bak en Brou Program

Maats gebruik verskillende eetgoedjies, hetsy soet of sout om verskillende aspekte van die week se tema uit te lig.

Daar word gebruik gemaak van verskillende teksture, vorms en kleure.

Daar word ook klem geplaas op tafelmaniere en higiëne.

Voordele

  • Stimuleer verskillende sensoriese sisteme
  • Bevorder kreatiwiteit
  • Leer deur speel
  • Vroeë identifisering      van      sensoriese uitvalle
  • Maats smul te lekker

Kuns

Kuns

Die kunsprogram behels die gebruik van baie kleure, vorms en teksture.

Maats word aangemoedig om hul kreatiwiteit te ontwikkel deur verskillende kunsvorme soos vingerverf, klei, inkleur ens.

Die Tannies kan deur middel van kunswerke bepaal wat ‘n maatjie se emosionele vlak is bv. gebruik slegs die hoekie van die papier, meer geneig om net een kleur te benut ens.

 

Voordele

  • Gebruik van kleure en spasie stimuleer die verbeelding en ontwikkel kreatiwiteit
  • Verf ontwikkel observasie en persepsie vaardighede
  • Verbeter fynmotoriese vaardighede
  • Stimuleer verskillende sensoriese sisteme
  • Ontwikkel wiskundige vaardighede – konsep van grootte, vorms, tel en ruimtelike oriëntasie
  • Kognitiewe vaardighede – oefen patrone  asook die aksie-en-reaksie effek

Bybel

Bybel

Al die bekende en selfs minder bekende bybelstories word aan die maats vertel deur middel van velt-prentjies op ‘n bord.

Tydens sommige van die stories word maats gebruik om deel van die storie uit te beeld of dit word meer prakties uitgebeeld soos die wyse en dwase man.

Maats leer ook al die verskillende bybelliedjies met begeleiding van die klavier of CD’s.

 

Voordele

  • Bybelstories word al vroeg vasgelê
  • Bevorder ouditiewe vaardighede
  • Bevorder visuele vaardighede
  • Toets van geheue deur vrae te vra
  • Kweek ‘n liefde vir geloof en Jesus
  • Doen weerbaarheid deur bybelstories – respek vir ander, gehoorsaamheid ens.